Saterdag 15 September 2012

Groepiedag...

Gewoonlik is die 2de Vrydag van `n maand iets om na uit te sien.
Gister was dit weer so... en het ons  die groepie geniet!

Maureen en Maxie het ons heerlik bederf met "jamtertjies"! Die lede wat gister nie daar kon wees nie,  het lekker uitgemis! Hopelik is ons met die volg. verg. weer voltallig!

Darem nie net gekoek en tee - daar is beraadslaag ook en so tussendeur `n steek of twee gewerk!
 
Anna Raubenheimer het haar eerste klompie "Baby Jane" -blokke kom wys. Sy sê sy is nie so ywerig soos Anna Gropp en Trudy nie, maar sy vorder! Beplan om haar blokke "on point" aanmekaar te las. Met 8 lede wat aan `n Baby Jane werk, lyk dit vir my daar gaan `n redelike verskydenheid wees. Elkeen het sy eie idee van hoe sy die blokke wil las.
 
Maxie werk aan haar "kreature". Maureen is besig met `n "rytjieskwilt. Hanli en Frances is besig met UFO`s.  Annette is moeg gebou...is al haastig om in haar nuwe in te trek!  Estelle moes ongelukkig werk en kon nie haar "BJ" - vir ons kom wys nie. Sy wikkel ook en begin al van haar rye aanmekaar werk.
Die res van die lede is so gelukkig om rond te kuier. Met die jaar wat amper op sy end is, kan ons groepie darem sê, so tussen werk en kuier is daar darem `n paar projekte afgehandel.
 
 

Sondag 26 Augustus 2012

Augustus - Groepsbyeenkoms

Verlede Vrydag was die Friendshipgroep se maandelikse groepsbyeenkoms... soos gewoonlik baie interessant!

Behalwe vir baie kekkel en lekker eetgoed, is die hoogtepunt wanneer  almal hul handwerk uit haal en  begin vertel!

Anna Gropp laat waai met haar Baby Jane-blokkies. Sy het al `n hele 88 blokkies! nee - sy wikkel. Daai Baby Jane word een van die dae ge- "Show and Tell".  Trudy is `n kortkop agter!

Hanli werk aan `n "Memorie" - kwiltjie. Die 2 dames op die kwiltjie verteenwoordig haar reispêlle - hoor bietjie - na die Kwiltfees in Alberton,  byna 4 jaar gelede!

Martie werk aan `n kwilt vir haar kleindogter.  Pragtig!

Verjaarsdae word nie oorgesien in ons groepie nie.  Elkeen kry `n geskenkie. Hier is Maureen se geskenk - `n pragtige "file" vir al haar patrone.

Maxie het besluit om bietjie meer te waag, en het by Iessie `n klas geloop oor kreatiewe appliekwerk. Sy is nog besig, maar dit is al klaar baie mooi!

Tannie Magriet het besluit dat haar vakansiehuis `n muurbehangsel kort - en kyk net hoe mooi!

Wat `n heerlike  groepie, met soveel inspirasie!

FRIENDS IN YOUR LIFE ARE LIKE PILLARS ON YOUR PORCH...
SOMETIMES THEY HOLD YOU UP; 
SOMETIMES THEY LEAN ON YOU;
 SOMETIMES IT`S JUST ENOUGH TO KNOW THEY`RE STANDING BY.
 (E. Foley)

Donderdag 23 Augustus 2012

Saterdag 18 Augustus 2012

Hanli se kwilt!

Friendship - vriendin Hanli is baie in haar skik met haar kwilt. Stuur vanoggend vir my die foto van haar kwilt. Hierdie vriendin het `n oog vir binneversiering met `n "country flair". Kyk net na die bed se kopstuk!  Sy het dit laat maak van `n ou deur. Mooi nê!

Vrydag 17 Augustus 2012

Ulla's Quilt World: Quilted angel, pattern and tutorial

Ulla's Quilt World: Quilted angel, pattern and tutorial: I have made the pattern for this Quilted angel. The pattern is below. Just click the photo and it will become bigger. Olen tehnyt kaavan ...

Friendshipkwilt

Uiteindelik kon  ek gister vir Hanli haar kwilt gee! 

As deel van `n groepsprojek het ons groepie  die afgelope 2 jaar elke maand blokke uitgeruil, waarmee jy dan vir jou `n kwilt kan maak.

Die gedagte het ontstaan nadat ons vir Tannie Magriet `n kwilt vir haar 70ste verjaarsdag gemaak het. Daarna het ons vir Carine `n mooi posseëlkwilt gemaak om haar sterkte toe te wens nadat sy met borskanker gediagnoseer was.

Intussen het Frances en Iessie ook al hul kwilte voltooi. Tannie Anna Raubenheimer se kwilt is ook klaar en van die ander dames besluit nog hoe hullle, hul kwilte wil maak.

Omdat Hanli tans baie besig is, het Frances aangebied om haar kwilt te maak.  Die tema van haar dekor in die kamer waar sy die kwilt wil gebruik is harte, daarom het  ons besluit om haar blokke op te dollie met appliekharte.  

Dinsdag 14 Augustus 2012

Carine Vermaak - Friendshipgroep

Carine Vermaak is deel van die Frienshipgroep. Behalwe dat sy lief is vir kwiltwerk, lê die natuur haar baie na aan die hart.

Die afgelope wintervakansie het sy haar stapstewels aangetrek en Mt Toubkal in Marokko aangedruf.

Baie geluk Carine. Ons groepie is trots op jou. Jy inspireer ons ook met jou positiewe optrede. Beste wense vir jou gesondheid - mag jy nog vele berge oorwin.

Vrydag 24 Februarie 2012

Dinsdag 21 Februarie 2012

Quilting@Woodlands: Freshford Museum /Oranje Kwiltersgilde Uitnodiging...

http://quiltingwoodlands.blogspot.com/2012/02/freshford-museum-oranje-kwiltersgilde.html?spref=bl: Hierdie uitnodigings is eersdaags in die pos aan alle lede wat gedurende 2011 by die OKG geregistreer was. Kyk uit daarvoor en laat weet g...

Freshford Museum /Oranje Kwiltersgilde Uitnodigings

Hierdie uitnodigings is eersdaags in die pos aan alle lede wat gedurende 2011 by die OKG geregistreer was. 
 Kyk uit daarvoor en laat weet gerus alle vriende en familie van hierdie pragtige uitstalling!

 Onthou,  saam met jou kaartjie kry jy `n pragtige gratis patroontjie wat ontwerp is deur Mari Strydom. Sy gaan  die Saterdagoggend vir ons demonstreer hoe om die  kwiltjie te maak. Maak dus seker jy kry `n kaartjie.
 Kaartjies is te koop by jou groepleier of kontak Frances by 0788034019.
Sien julle almal Saterdag 24 Maart by die teetuin!!!

En ... daar sal ook pragtige silwer juweliersware uitgestal word - handgemaak deur Helen du Toit!

Sondag 12 Februarie 2012

Baie lekker webwerf!!!

As jy tyd het? Wie het deesdae? Maak of ruim `n tydjie in en besoek gerus Pinterest. Hope inspirasie, veral as jy konsentreer op dit waarin jy belangstel, soos bv kwiltwerk.
 Hande vol inspirasie!!!
<a href="http://pinterest.com/USERNAME/%22%3E%3Cimg src="http://passets-cdn.pinterest.com/images/follow-on-pinterest-button.png" width="156" height="26" alt="Follow Me on Pinterest" /></a>

Saterdag 28 Januarie 2012

oranjequilters.blogspot.com

Best of luck for 2012!!!

Hi to all the quilters out there, I am back with new inspirations for the rest of the year. Hopefully all my plans will turn out the way I`m planning!

English is my second language and Afrikaans my mother tongue, and because I`m kind of patriotic, in the future I`ll blog in both languages.

Gister was D-dag by ons groepie Friendshipkwilters. Dit was ons eerste vergadering vir 2012 en was dit nou lekker!!! So baie wat moes gedeel word, nuus, afgehandel ufo`s moes gewys word  en boonop moes ons die  die finale reëlings tref  vir die eerste Alg. Vergadering van die Oranje Kwilters Gilde. Ja, ons is die  gasvroue vir die dag en `n lekker vol program wag. Ons gasspreker vir die dag is Trienie Krugel. Sy gaan ons meer kom inlig oor kopiereg. Verder bring sy van haar kwilte saam en dit kan net mooi wees!  Ons groepie het omtrent gekekkel, soveel so dat  ons nie eers ons nuwe lid behoorlik welkom geheet het nie. Welkom Elaine! Hoop nie ons het jou gister afgeskrik nie -  ons praat maar so almal gelyk, maar raak darem soms rustig om te kwilt. Ons hoop  jy geniet die jaar saam met ons.


Magriet en Amanda aan die gesels.




Koppe word bymekaar gesit en `n plan word beraam.



Anna met haar "Friendship"- kwilt. Ons het verlede jaar
elke maand blokke gemaak, in `n poel gegooi, en `n naam getrek. Sodoende het elkeen in
ons groepie `n klompie blokke "gewen"om `n kwilt van te maak. Mooi, Anna!



Carine se kinders het die vankansie nie net gespeel nie, daar`s gekwilt ook - veral haar dogtertjie, Elrine. Sy is sommer ernstig ook haar kwiltwerkies en is van ons eerste Junior kwilters wat belangstel om deel te word van die Gilde. Die kwiltjie met die tiertjie in die voorgrond is haar boetie se handewerk! Dit was vir hom hom te veel dat net sy ma en sussie kwilt en hy het sommer ingespring en self begin knip en selfs "geplak".  `n Boer maak `n plan!

Carine met haar Ufo. Kom uit haar dae as pasgetroude! Het toe nog die blokke met `n liniaal uitgemeet en dan uitgeknip. Ons vorder - darem nou al by `n "rotory cutter"!


Annette Verhoef was  geïnspireer deur
haar Afrika - reis verlede jaar en het die pragtige kwilt gemaak!




Dit was my eerste kuiergas vir die jaar! Mooi geparkeer vir `n lekker lang kuier!
Groetnis tot `n volgende keer.
Fran

Mandala - klas

 Gedurende September 2023 het Marilyn Pretorius `n  Mandala - klas te Bultfontein aangebied. My voltooide mandala...grootte 55cm x 55cm.  Kw...