Sondag 26 Augustus 2012

Augustus - Groepsbyeenkoms

Verlede Vrydag was die Friendshipgroep se maandelikse groepsbyeenkoms... soos gewoonlik baie interessant!

Behalwe vir baie kekkel en lekker eetgoed, is die hoogtepunt wanneer  almal hul handwerk uit haal en  begin vertel!

Anna Gropp laat waai met haar Baby Jane-blokkies. Sy het al `n hele 88 blokkies! nee - sy wikkel. Daai Baby Jane word een van die dae ge- "Show and Tell".  Trudy is `n kortkop agter!

Hanli werk aan `n "Memorie" - kwiltjie. Die 2 dames op die kwiltjie verteenwoordig haar reispêlle - hoor bietjie - na die Kwiltfees in Alberton,  byna 4 jaar gelede!

Martie werk aan `n kwilt vir haar kleindogter.  Pragtig!

Verjaarsdae word nie oorgesien in ons groepie nie.  Elkeen kry `n geskenkie. Hier is Maureen se geskenk - `n pragtige "file" vir al haar patrone.

Maxie het besluit om bietjie meer te waag, en het by Iessie `n klas geloop oor kreatiewe appliekwerk. Sy is nog besig, maar dit is al klaar baie mooi!

Tannie Magriet het besluit dat haar vakansiehuis `n muurbehangsel kort - en kyk net hoe mooi!

Wat `n heerlike  groepie, met soveel inspirasie!

FRIENDS IN YOUR LIFE ARE LIKE PILLARS ON YOUR PORCH...
SOMETIMES THEY HOLD YOU UP; 
SOMETIMES THEY LEAN ON YOU;
 SOMETIMES IT`S JUST ENOUGH TO KNOW THEY`RE STANDING BY.
 (E. Foley)

Donderdag 23 Augustus 2012

Saterdag 18 Augustus 2012

Hanli se kwilt!

Friendship - vriendin Hanli is baie in haar skik met haar kwilt. Stuur vanoggend vir my die foto van haar kwilt. Hierdie vriendin het `n oog vir binneversiering met `n "country flair". Kyk net na die bed se kopstuk!  Sy het dit laat maak van `n ou deur. Mooi nê!

Vrydag 17 Augustus 2012

Ulla's Quilt World: Quilted angel, pattern and tutorial

Ulla's Quilt World: Quilted angel, pattern and tutorial: I have made the pattern for this Quilted angel. The pattern is below. Just click the photo and it will become bigger. Olen tehnyt kaavan ...

Friendshipkwilt

Uiteindelik kon  ek gister vir Hanli haar kwilt gee! 

As deel van `n groepsprojek het ons groepie  die afgelope 2 jaar elke maand blokke uitgeruil, waarmee jy dan vir jou `n kwilt kan maak.

Die gedagte het ontstaan nadat ons vir Tannie Magriet `n kwilt vir haar 70ste verjaarsdag gemaak het. Daarna het ons vir Carine `n mooi posseëlkwilt gemaak om haar sterkte toe te wens nadat sy met borskanker gediagnoseer was.

Intussen het Frances en Iessie ook al hul kwilte voltooi. Tannie Anna Raubenheimer se kwilt is ook klaar en van die ander dames besluit nog hoe hullle, hul kwilte wil maak.

Omdat Hanli tans baie besig is, het Frances aangebied om haar kwilt te maak.  Die tema van haar dekor in die kamer waar sy die kwilt wil gebruik is harte, daarom het  ons besluit om haar blokke op te dollie met appliekharte.  

Dinsdag 14 Augustus 2012

Carine Vermaak - Friendshipgroep

Carine Vermaak is deel van die Frienshipgroep. Behalwe dat sy lief is vir kwiltwerk, lê die natuur haar baie na aan die hart.

Die afgelope wintervakansie het sy haar stapstewels aangetrek en Mt Toubkal in Marokko aangedruf.

Baie geluk Carine. Ons groepie is trots op jou. Jy inspireer ons ook met jou positiewe optrede. Beste wense vir jou gesondheid - mag jy nog vele berge oorwin.

Mandala - klas

 Gedurende September 2023 het Marilyn Pretorius `n  Mandala - klas te Bultfontein aangebied. My voltooide mandala...grootte 55cm x 55cm.  Kw...