Dinsdag 10 September 2013

Friendshipgroep - Alweer `n wenner!

Die Friendshipgroep spog alweer!!!

Baie geluk Amanda!  Sy was die wenner van die afgelope "challenge" by die Alg. Verg van die OKG gedurende Augustus 2013.
Hier "pronk"  sy met haar pragtige handsak wat sy gemaak het,  na aanleiding van `n klas wat sy by Marilyn Pretorius tydens die afgelope Kaleidoskoopfees bygewoon het. Baie mooi!!!





Trudie en Anna het ook byna hul projekte, van `n  klas wat hulle by die Fees bygewoon het, voltooi. Die klas is aangebied deur Marilie de  Bruyn en is die kruise nie pragtig nie!



Martie Botha het `n klas van Griet  Lombaard bygewoon en  sy vorder fluks met haar "block a day".


Die res van die groep werk almal stil- stil aan hul UFo`s en feesprojekte - wie weet,  dalk met die volgende groepsbyeenkoms  weer `n paar uithaler kwilte wat klaar is! 


"When you work
 you are a flute
through whose heart 
the whispering of the hours turns to music."
- Kalil Gibran - 


Saterdag 11 Mei 2013

OKG wenner van "show and tell" vir Mei 2013.


Baie geluk Anette,  jy hou ons Friendshippers se naam hoog!

Anette is eintlik `n  redelike nuwe lid van ons groepie - sedert sy en haar man so twee jaar gelede van Kroonstad na Bloemfontein verhuis het, het sy by ons groepie ingeskakel. Tans doen sy afloswerk by `n plaaslike skool, maar maak  steeds tyd vir kwilt.

Sy inspireer ons groepie gereeld met haar pragtige kwiltwerk.



Donderdag 02 Mei 2013

Oulike website - myeqboutique.com

 href="http://www.myeqboutique.com"><img src="http://www.myeqboutique.com/FunStuff/imgs/MEQB_badge1.gif" alt="My EQ Boutique" width="128" height="128" /></a>

Donderdag 25 April 2013

Friendshipgroep - 2de kwartaal

Uiteindelik kom ek by die blog uit! Lede van die Friendsgroep doen al navraag hoekom die blog so stil is!

Net so bietjie besig met die besprekings vir die Kaleidoskoopfees.  As jy nog nie jou kaartjie gekoop het nie, sal jy moet wikkel - van die klasse is al uitverkoop.

Sedert die begin van die jaar vergader ons by Bernina. Dankie aan die eienaars en personeel, ons geniet die ruimte en jul vriendelikheid.

Die lede van die Friendshipgroep doen so in die stilligheid hul eie ding en met die laaste byeenkoms het hulle weer kom spog met hul pragtige kwiltwerk.

Hier is Amanda se kwilt - `n kursus van Mari Claase.


 
 
Anna Gropp se handwerkie.
 



 
Trudie se "candle wick".
 
Tannie Magriet se "art" kwilt.
 
 
Frances se "ufo jelly - roll"
 
 
Anna Raubenheimer se "Baby Jane"  "on point" - hier kom `n wenner!
 
 
 
Estelle se "groepskwilt" het nou 3 "lap quilts" geword. Hier is een van die 3.
 


Hierdie naweek hou ons Skou - die Friendshipgroep het goed gevaar. Heelwat 1ste plekke. Baie geluk maters! Julle hou ons naam hoog.

Groetnis van die Friendshippers - lekker kwilt!


Phil Bosmans skryf -
"Ek het `n son aan die hemel.
Ek het `n dak oor my kop.
Ek het WERK VIR MY HANDE.
Op my tafel is oorvloed.
Ek het mense om lief te hĂȘ.
Here, ek het genoeg!"




Mandala - klas

 Gedurende September 2023 het Marilyn Pretorius `n  Mandala - klas te Bultfontein aangebied. My voltooide mandala...grootte 55cm x 55cm.  Kw...