Saterdag 29 Maart 2014

Eerste Kwartaal saam met die Friendshippers

Ons groepie het hierdie  jaar sommer vinnig weggespring! 


Groepsprojekte vir hierdie kwartaal het ingesluit `n oortreksel vir ons masjiene en... seker een van die lekkerste projekies om aan te pak - poskaarte uitruil!

Ons kan nie wag dat al die lede  hul kaarte (maandeliks met ons groepiebyeenkoms) by ons posman  ( Amanda Palvie) inhandig, sodat dit  `n oulike stempel kan kry en sy dit dan uitdeel. 
`n Groot lekkerte om joune  te ontvang! Ons het vir elke maand `n tema en ons eerste poskaarttema ( Feb)  was blomme, daarna voĆ«ls en vir April is dit `n landskappie. Hier is so `n paar van ons poskaarte - 




Hierdie is Maxie se masjienoortreksel in wording.


Frances se "huisie" is ook amper klaar, kort nog paar "embelishments".

Anna Rautenbach werk aan haar "Baby Jane".


Martie Botha se blokkies na aanleiding van Griet Lombard se kursus, word by die dag meer!  Te Pragtig!


Amanda en Elaine werk fluks aan hulle "Bugs and the beautiful"- kwilte na die klas van Wilna de Beer.


Hanli het  haar "kersgeskenk" beertjie afgehandel. 

Neline het vingerpoppies gemaak vir `n vriendin se "ooievaarstee". 


Mari se vingers is nooit stil en en sy werk aan `n "uile" - kwilt - 3d - te oulik! Kyk uit vir hierdie kursus vroeg volgende jaar!

Februariemaand het Marlene ons bederf met heerlike "cupcakes" en `n lekker sjokoladetjie - ons groepie het mooitjies op Valentysdag vergader...en was die soetigheidjie lekker! 


Die  effense koeligheid in die lug herinner ons dat die winter oppad is...
warm kwiltgroete  tot volgende kwartaal!

"dis wonderlik wat ons kan bereik as ons altyd iets aan die doen is" 
George Washington


Mandala - klas

 Gedurende September 2023 het Marilyn Pretorius `n  Mandala - klas te Bultfontein aangebied. My voltooide mandala...grootte 55cm x 55cm.  Kw...