Sondag 28 Julie 2019

Winter...

...die eerste 6 maande van die jaar is agter die rug...ons het ons eerste erge koue van die winter beleef!  Die wêreld is vaal en grys na die koue  en ons  sien uit na die somer wat oppad is. Langer dae vir ons kwilters, om meer gedoen te kry!


Die afgelope paar maande was nie altyd goed vir die Lieflappers nie.

Maureen was in `n ernstige motorongeluk. Sy het goed herstel, maar daar lê nog `n lang pad voor, voordat sy weer haar ou self sal wees. Sterkte, Maureen. Een van die dae is jy weer fluks aan die hekel.
Maxie se dae is besig met inpak/uitpak  en verhuis...darem nie uit Bloemfontein. Sy skaal bietjie af en trek na `n woonstel, sommer op dieselfde erf as haar kinders se huis. Geniet jou nuwe plekkie, Maxie!
Ook Anna Gropp het `n slegte tyd beleef, met `n skouer- en knie- operasie. Ons hoop die pyn is al beter, Anna.
Anna Rautenbach geniet haar aftrede - sy en haar man reis baie - maar as daar `n kansie is loer Anna in en kuier sy  saam met die groep....en dan trek sy gewoonlik `n haas uit die hoed - sy werk so tussen reis en kuier,  gewoonlik aan `n handwerkie. 

 
Anna se voorskoot wat sy opgedollie het! Oulik!

Martie het `n lekker verrassing gehad. Haar seun uit Australië het haar verras met `n kuier!
Nou is haar batterye weer gelaai en ons kyk uit vir `n nuwe kwilt!

Marlisa  Smit en haar man het by hul dogter in Frankryk gaan kuier en sommer `n draai in Ierland ook gemaak. En daar loop sy haar toe vas in `n kwiltuitstalling en woon sommer `n demo ook by. Hier is sy saam met die maakster van die kwilt, wat uitgetal was.


Sy het darem nie net vakansie gehou, tussendeur doen sy  'bobbinwerk' en is sy besig met appliekwerk op haar 'mile- a - minute'.


Marlisa se volstruis! Oulik!

Amanda Palvie is `n besige bytjie...so tussen die  breiwerk deur, het sy ook `n klas by die Clarensfees bygewoon ... hier is haar voltooide artikel! Pragtig! 


Estelle Calitz het die afgelope jaar baie rond gekuier - van die Strand tot in Gauteng en elders! Maar die kwiltwerk bly nie agterweë! Haar Dear Jane word nou met die hand gekwilt! Ons kan nie wag om die voltooide kwilt te sien! Geniet die  kwiltwerk, Estelle!


Ons nuwe kwiltmaatjie, Linda Landman, is deur haar dogter versoek om 2 baba- kwilte te maak. Die blokke is gesny en uitgepak, nou moet dit net gestik word. Pragtige kleure! Linda.


Elaine Sansom het `n draai in Zimbabwe gaan maak maar soos ons haar ken is haar hande nooit stil en wag ons dat sy weer `n draai by die groepie maak en wys wat sy alles gemaak het. 

Hanli Henderson kuier in Windhoek by haar seun. Geniet dit, Hanli! Al werk sy halfdag is sy altyd besig met `n handwerkie en maak sy `n tydjie om saam te kwilt.

 

Frances werk aan `n ufo - hopelik is dit voor die einde van die jaar afgehandel!

Sanet  Olivier is `n besige dame! ...met oorvloed energie! Al werk sy voltyds word daar gekwilt dat die stof staan! 
Hier is haar `mile - a minute' met die pragtigste kleure! (Queen size)


Al is ons `n groep diverse kwiltvriendinne bly dit altyd lekker om eenmaal per maand bymekaar te kom. 
Dan word daar behoorlik gekuier!!!



Image result for quilt quotes and sayings


Mandala - klas

 Gedurende September 2023 het Marilyn Pretorius `n  Mandala - klas te Bultfontein aangebied. My voltooide mandala...grootte 55cm x 55cm.  Kw...