Donderdag 02 Januarie 2020

..."there is light somewhere"


The Laughing Heart by Charles Bukowski

your life is your life
don’t let it be clubbed into dank submission.
be on the watch.
there are ways out.
there is light somewhere.
it may not be much light but
it beats the darkness.
be on the watch.
the gods will offer you chances.
know them.
take them.
you can’t beat death but
you can beat death in life, sometimes.
and the more often you learn to do it,
the more light there will be.
your life is your life.
know it while you have it.
you are marvelous
the gods wait to delight
in you.

-- by Charles Bukowski


Daagliks word ons deur die media herinner aan  al die slegte gebeure  binne RSA - tog is daar lig (kwilt) vir sommige van ons en bo alles is daar Lig! 

Dus, pak ons groepie kwilters (Lieflappers) elke dag vol moed aan.

Ons het afskeid geneem van vriende, nuwe vriende gemaak, laagte punte beleef maar eintlik is die lewe een groot hoogepunt!

Elke lid het sy eie projekte om te voltooi, maar daar is ook tyd gemaak om projekte saam te doen.
Ons het `n dierbare vriendin gegroet - Rus in Vrede, Maureen. Dit was goed om jou te ken!



Vir vriendin Maxie wag daar `n pragtige toekoms. Baie geluk Maxie! Mooiste wense vir julle.





Sanet is aangewys as die Onder- voorsitter van die Sandveld Country Quilt Groep.
Geluk, Sanet! Geniet jou kwiltwerk en dankie vir al jou positiewe bydraes binne ons groepie. Jy is vir ons almal `n inspirasie!



Onse Meraai het `n vol 2019 beleef as Voorsitter van `n nuut gestigde kwiltgroep. Daarbenewens was sy `n "judge" by die laaste Nasionale Kwiltfees en, en... maar nou is dit tyd om halt te roep. Geniet jou af-tydjie...ons sien uit na al die nuwe kwilte wat jy gaan skep!


Amanda is `n woelige kwilter - sy het al haar UFO`s afgehandel! Natuurlik is ons ander baie jaloers! Met die pas wat sy handhaaf inspireer sy ons ander om ons bes te probeer om ook op datum te kom.

Hier is van haar kwilte -






Ten spyte daarvan dat Marlisa nog voltyds werk - is sy `n baie ywerige kwilter! Sy geniet dit ook om haar eie kwilte te ontwerp.





Binne ons groep is die lede se belangstellings nie net kwiltwerk - dis hekel, brei, weef, borduur ens. Dit blyk dat almal handwerk van enige vorm geniet en be-oefen.

Linda geniet haar weefwerk maar sy maak ook tyd om te kwilt. Sy is tans besig met `n kwilt vir een van haar dogters. Al die blokke is gemaak en moet nou net vasgewerk word. Hier is die eerste voltooide ry. Baie mooi, Linda!


Die borduurgogga het behoorlik vir Estelle gebyt! En sy mag maar ... soos met haar kwiltwerk word alles baie noukeurig gedoen. Hierdie is haar 3de beertjie. Pragtig Estelle!





Estelle werk ook aan haar "mile-a minute".

Frances is besig om aan haar Ufo`s te werk en geniet om saam met die res van die lede groepsprojekte te doen.




Onlangs het ons groepie die oulike sakkies gemaak.

Hierdie is Amanda se sakkie...


...en Sanet se sakkie.



Anna Gropp en Anna Raubenheimer het gedurende 2019 baie rond gereis en gekuier. Maar `n handwerkie "travel" altyd saam en gewoonlik is dit `n aangename verrassing om te sien wat hulle gemaak het. Ook Martie het heerlik saam met haar seun uit Australië gekuier, dus het kwiltwerk eers agterweë gebly.

Die Lieflappers is oorgehaal vir die nuwe jaar en met baie idees ophande kan ons nie wag om bymekaar te kom vir ons eerste groepiedag. Dan gaan daar oulike naaldwerkmandjies gemaak word!

Voorspoedige 2020 aan alle kwilters!





















Mandala - klas

 Gedurende September 2023 het Marilyn Pretorius `n  Mandala - klas te Bultfontein aangebied. My voltooide mandala...grootte 55cm x 55cm.  Kw...