Donderdag 27 Junie 2024

Namakwaland Augustus 2023

 Namakwaland...


"Op die groot saaidag van die heelal
het reeds 'n entjie duskant Wupperthal
oor die kaal Noordweste
'n sakkie van die Heer se beste
saad per ongeluk gelek, gelek en uitgeval."

D. J Opperman


Kwilt - Ou Tronk Museum, Clanwilliam - (maker onbekend)



Kwiltpanele - gemaak deur dames van Clanwilliam.
Dit beeld die  dorp en die pragtige omgewing uit. 


Hantam Natuurtuin  Nieuwoudtville - 22 Augustus 2023.

 Kersvalkte - Van Rhynspas


Maskamberge - Knersvlakte -  Van Rhynspas



Donderdag 23 November 2023

Mandala - klas

 Gedurende September 2023 het Marilyn Pretorius `n  Mandala - klas te Bultfontein aangebied.


My voltooide mandala...grootte 55cm x 55cm.

 Kwilters het onder haar leiding hul eie mandala geteken, kleur uitleg gedoen en daarna met die deurstik van die kwiltjie (mandala) begin. 

Die deurstik en versier van die mandala is `n belangrike gedeelte by die maak en voltooiing van die ontwerp sodat dit `n treffende voorkoms kan hĂȘ.

Hierdie was my proses nadat ek die ontwerp geteken het.

Kleure is gekies, appliekdele is vasgestryk en daarna is die apppliekdele vasgewerk  met `n "raw edge" afwerking. Ander versierings,  steke en krale is ook gebruik om die ontwerp af te rond.