Uiteindelik kon ek gister vir Hanli haar kwilt gee!
As deel van `n groepsprojek het ons groepie die afgelope 2 jaar elke maand blokke uitgeruil, waarmee jy dan vir jou `n kwilt kan maak.
Die gedagte het ontstaan nadat ons vir Tannie Magriet `n kwilt vir haar 70ste verjaarsdag gemaak het. Daarna het ons vir Carine `n mooi posseëlkwilt gemaak om haar sterkte toe te wens nadat sy met borskanker gediagnoseer was.
Intussen het Frances en Iessie ook al hul kwilte voltooi. Tannie Anna Raubenheimer se kwilt is ook klaar en van die ander dames besluit nog hoe hullle, hul kwilte wil maak.
Omdat Hanli tans baie besig is, het Frances aangebied om haar kwilt te maak. Die tema van haar dekor in die kamer waar sy die kwilt wil gebruik is harte, daarom het ons besluit om haar blokke op te dollie met appliekharte.
Vrydag 17 Augustus 2012
Dinsdag 14 Augustus 2012
Carine Vermaak - Friendshipgroep
Carine Vermaak is deel van die Frienshipgroep. Behalwe dat sy lief is vir kwiltwerk, lê die natuur haar baie na aan die hart.
Die afgelope wintervakansie het sy haar stapstewels aangetrek en Mt Toubkal in Marokko aangedruf.
Baie geluk Carine. Ons groepie is trots op jou. Jy inspireer ons ook met jou positiewe optrede. Beste wense vir jou gesondheid - mag jy nog vele berge oorwin.
Die afgelope wintervakansie het sy haar stapstewels aangetrek en Mt Toubkal in Marokko aangedruf.
Baie geluk Carine. Ons groepie is trots op jou. Jy inspireer ons ook met jou positiewe optrede. Beste wense vir jou gesondheid - mag jy nog vele berge oorwin.
Teken in op:
Plasings (Atom)
-
Knersvlakte... ...die afgelope blomseisoen (Sept 2019) ry ek deur Vanhrynsdorp en besoek die plaaslike vetplantkwekery. Dit huisves ook...
-
Die Lieflappers het besluit dat voorsorg die beste sal wees tydens die Covid 19 pandemie en het dus besluit dat ons voorlopig nie sal ve...
-
Choosing a colour for your quilt: - Combinations of individual colours White: combines with everything, especially blue, red and blac...