Donderdag 29 November 2018
Maandag 05 November 2018
Afsluiting 2018
Moeilik om te glo maar die jaar is op sy rug en ons groepie dames het vir oulaas saam gekuier!
Ons keuse vir `n heerlike ontbyt was by 59 Plenty Cafè by Gallery Le Visieur in Dan Pienaar, Bloemfontein.
Ongelukkig kon ons nie voltallig wees. Anna, Trudie, Elaine en Mari was afwesig. Nogtans was dit `n heerlike oggend met lekker en handige bederfies. Maxie en Maureen het vir ons elkeen 2 hangers oorgetrek - te pragtig! Baie dankie.
Anna Raubenheimer het soos altyd, ons elkeen bederf met `n sakkie sjokolade - heerlik Anna! Dankie! Te gou was die oggend verby en moes ons groet!DV sien ons mekaar weer almal die 11 de Januarie 2019...wanneer ons gaan wegspring met `n klein projek genaamd "faces" .
"The strong bond of friendship is not always a balanced equation; friendship is not always about giving and taking in equal shares. Instead, friendship is grounded in a feeling that you know exactly who will be there for you when you need something, no matter what or when."
Simon Sinek
Teken in op:
Plasings (Atom)
-
Knersvlakte... ...die afgelope blomseisoen (Sept 2019) ry ek deur Vanhrynsdorp en besoek die plaaslike vetplantkwekery. Dit huisves ook...
-
Die Lieflappers het besluit dat voorsorg die beste sal wees tydens die Covid 19 pandemie en het dus besluit dat ons voorlopig nie sal ve...
-
Choosing a colour for your quilt: - Combinations of individual colours White: combines with everything, especially blue, red and blac...