Maandag 05 November 2018

Afsluiting 2018

Moeilik om te glo maar die jaar is op sy rug en  ons groepie dames het vir oulaas saam gekuier!



Image

Ons keuse vir `n heerlike ontbyt was by 59 Plenty Cafè by Gallery Le Visieur in Dan Pienaar, Bloemfontein.



Ongelukkig kon ons nie voltallig wees. Anna, Trudie, Elaine en Mari was afwesig. Nogtans was dit `n heerlike oggend met lekker en handige bederfies. Maxie en Maureen het vir ons elkeen 2 hangers oorgetrek - te pragtig! Baie dankie.
Anna Raubenheimer het soos altyd, ons elkeen bederf met `n sakkie sjokolade - heerlik Anna! Dankie! Te gou was die oggend verby en moes ons groet!DV sien ons mekaar weer almal die 11 de Januarie 2019...wanneer ons gaan wegspring met `n klein projek genaamd "faces" .

"The strong bond of friendship is not always a balanced equation; friendship is not always about giving and taking in equal shares. Instead, friendship is grounded in a feeling that you know exactly who will be there for you when you need something, no matter what or when."

Simon Sinek

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Mandala - klas

 Gedurende September 2023 het Marilyn Pretorius `n  Mandala - klas te Bultfontein aangebied. My voltooide mandala...grootte 55cm x 55cm.  Kw...