Maandag 05 November 2018

...laaste projek vir 2018!

...die mooiste, mooiste maand -  Oktober! ...en ons groepie doen ons laaste projek vir 2018 - tasse!!!


Sanet speel weer gasvrou... dankie! - so lekker om by jou te kuier! Elkeen het genoeg ruimte om sy masjien te bring en saam-saam word daar gewerk, uitgetrek! ...en gelag!
Die meeste dames se tasse is klaar! Anna Gropp pas eers kleinkinders op - maar ons is seker een van die dae is haar tas ook gereed vir gebruik...



Anna Gropp gebruik pragtige  helder kleure vir haar tas.


Martie fokus op haar deurstik werk!


Estelle werk fluks aan haar tassie...


Estelle se handige naaldwerktassie...volgens die patroon van Heidi Kenney www.papercrane.com - patroon vir eie gebruik beskikbaar by robertkaufman.com. Baie mooi, Estelle!


Marlisa se "smuktassie" - sy het `n basiese patroon aangepas volgens haar behoeftes met rekkies aan die binne-kant om alle botteltjies reg-op te hou! Oulik! Welgedaan, Marlisa!


Amanda se katjie het klaar besluit hierdie tas behoort aan hom! Hierdie tas kom toegerus aan die binne- kant met sakkies en ritse! Spesiaal die grootte gemaak om bo-op haar masjien/trollie te pas! Baie oulik, Amanda!


Frances het ook  haar tas voltooi - gemaak volgens `n  patroon beskikbaar vir eie gebruik  van  www.mommybydaycrafterbynight.com
Wat `n heerlike projek en dag!


2019...hier kom ons - gereed met baie idees en planne!




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Mandala - klas

 Gedurende September 2023 het Marilyn Pretorius `n  Mandala - klas te Bultfontein aangebied. My voltooide mandala...grootte 55cm x 55cm.  Kw...