Vrydag 17 Augustus 2012

Ulla's Quilt World: Quilted angel, pattern and tutorial

Ulla's Quilt World: Quilted angel, pattern and tutorial: I have made the pattern for this Quilted angel. The pattern is below. Just click the photo and it will become bigger. Olen tehnyt kaavan ...

Friendshipkwilt

Uiteindelik kon  ek gister vir Hanli haar kwilt gee! 

As deel van `n groepsprojek het ons groepie  die afgelope 2 jaar elke maand blokke uitgeruil, waarmee jy dan vir jou `n kwilt kan maak.

Die gedagte het ontstaan nadat ons vir Tannie Magriet `n kwilt vir haar 70ste verjaarsdag gemaak het. Daarna het ons vir Carine `n mooi posseƫlkwilt gemaak om haar sterkte toe te wens nadat sy met borskanker gediagnoseer was.

Intussen het Frances en Iessie ook al hul kwilte voltooi. Tannie Anna Raubenheimer se kwilt is ook klaar en van die ander dames besluit nog hoe hullle, hul kwilte wil maak.

Omdat Hanli tans baie besig is, het Frances aangebied om haar kwilt te maak.  Die tema van haar dekor in die kamer waar sy die kwilt wil gebruik is harte, daarom het  ons besluit om haar blokke op te dollie met appliekharte.  

Mandala - klas

 Gedurende September 2023 het Marilyn Pretorius `n  Mandala - klas te Bultfontein aangebied. My voltooide mandala...grootte 55cm x 55cm.  Kw...