Donderdag 25 April 2013

Friendshipgroep - 2de kwartaal

Uiteindelik kom ek by die blog uit! Lede van die Friendsgroep doen al navraag hoekom die blog so stil is!

Net so bietjie besig met die besprekings vir die Kaleidoskoopfees.  As jy nog nie jou kaartjie gekoop het nie, sal jy moet wikkel - van die klasse is al uitverkoop.

Sedert die begin van die jaar vergader ons by Bernina. Dankie aan die eienaars en personeel, ons geniet die ruimte en jul vriendelikheid.

Die lede van die Friendshipgroep doen so in die stilligheid hul eie ding en met die laaste byeenkoms het hulle weer kom spog met hul pragtige kwiltwerk.

Hier is Amanda se kwilt - `n kursus van Mari Claase.


 
 
Anna Gropp se handwerkie.
 



 
Trudie se "candle wick".
 
Tannie Magriet se "art" kwilt.
 
 
Frances se "ufo jelly - roll"
 
 
Anna Raubenheimer se "Baby Jane"  "on point" - hier kom `n wenner!
 
 
 
Estelle se "groepskwilt" het nou 3 "lap quilts" geword. Hier is een van die 3.
 


Hierdie naweek hou ons Skou - die Friendshipgroep het goed gevaar. Heelwat 1ste plekke. Baie geluk maters! Julle hou ons naam hoog.

Groetnis van die Friendshippers - lekker kwilt!


Phil Bosmans skryf -
"Ek het `n son aan die hemel.
Ek het `n dak oor my kop.
Ek het WERK VIR MY HANDE.
Op my tafel is oorvloed.
Ek het mense om lief te hĂȘ.
Here, ek het genoeg!"




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Mandala - klas

 Gedurende September 2023 het Marilyn Pretorius `n  Mandala - klas te Bultfontein aangebied. My voltooide mandala...grootte 55cm x 55cm.  Kw...