Saterdag 15 September 2012

Groepiedag...

Gewoonlik is die 2de Vrydag van `n maand iets om na uit te sien.
Gister was dit weer so... en het ons  die groepie geniet!

Maureen en Maxie het ons heerlik bederf met "jamtertjies"! Die lede wat gister nie daar kon wees nie,  het lekker uitgemis! Hopelik is ons met die volg. verg. weer voltallig!

Darem nie net gekoek en tee - daar is beraadslaag ook en so tussendeur `n steek of twee gewerk!
 
Anna Raubenheimer het haar eerste klompie "Baby Jane" -blokke kom wys. Sy sê sy is nie so ywerig soos Anna Gropp en Trudy nie, maar sy vorder! Beplan om haar blokke "on point" aanmekaar te las. Met 8 lede wat aan `n Baby Jane werk, lyk dit vir my daar gaan `n redelike verskydenheid wees. Elkeen het sy eie idee van hoe sy die blokke wil las.
 
Maxie werk aan haar "kreature". Maureen is besig met `n "rytjieskwilt. Hanli en Frances is besig met UFO`s.  Annette is moeg gebou...is al haastig om in haar nuwe in te trek!  Estelle moes ongelukkig werk en kon nie haar "BJ" - vir ons kom wys nie. Sy wikkel ook en begin al van haar rye aanmekaar werk.
Die res van die lede is so gelukkig om rond te kuier. Met die jaar wat amper op sy end is, kan ons groepie darem sê, so tussen werk en kuier is daar darem `n paar projekte afgehandel.
 
 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Mandala - klas

 Gedurende September 2023 het Marilyn Pretorius `n  Mandala - klas te Bultfontein aangebied. My voltooide mandala...grootte 55cm x 55cm.  Kw...