Sondag 26 Augustus 2012

Augustus - Groepsbyeenkoms

Verlede Vrydag was die Friendshipgroep se maandelikse groepsbyeenkoms... soos gewoonlik baie interessant!

Behalwe vir baie kekkel en lekker eetgoed, is die hoogtepunt wanneer  almal hul handwerk uit haal en  begin vertel!

Anna Gropp laat waai met haar Baby Jane-blokkies. Sy het al `n hele 88 blokkies! nee - sy wikkel. Daai Baby Jane word een van die dae ge- "Show and Tell".  Trudy is `n kortkop agter!

Hanli werk aan `n "Memorie" - kwiltjie. Die 2 dames op die kwiltjie verteenwoordig haar reispĂȘlle - hoor bietjie - na die Kwiltfees in Alberton,  byna 4 jaar gelede!

Martie werk aan `n kwilt vir haar kleindogter.  Pragtig!

Verjaarsdae word nie oorgesien in ons groepie nie.  Elkeen kry `n geskenkie. Hier is Maureen se geskenk - `n pragtige "file" vir al haar patrone.

Maxie het besluit om bietjie meer te waag, en het by Iessie `n klas geloop oor kreatiewe appliekwerk. Sy is nog besig, maar dit is al klaar baie mooi!

Tannie Magriet het besluit dat haar vakansiehuis `n muurbehangsel kort - en kyk net hoe mooi!

Wat `n heerlike  groepie, met soveel inspirasie!

FRIENDS IN YOUR LIFE ARE LIKE PILLARS ON YOUR PORCH...
SOMETIMES THEY HOLD YOU UP; 
SOMETIMES THEY LEAN ON YOU;
 SOMETIMES IT`S JUST ENOUGH TO KNOW THEY`RE STANDING BY.
 (E. Foley)

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Mandala - klas

 Gedurende September 2023 het Marilyn Pretorius `n  Mandala - klas te Bultfontein aangebied. My voltooide mandala...grootte 55cm x 55cm.  Kw...