Dinsdag 10 September 2013

Friendshipgroep - Alweer `n wenner!

Die Friendshipgroep spog alweer!!!

Baie geluk Amanda!  Sy was die wenner van die afgelope "challenge" by die Alg. Verg van die OKG gedurende Augustus 2013.
Hier "pronk"  sy met haar pragtige handsak wat sy gemaak het,  na aanleiding van `n klas wat sy by Marilyn Pretorius tydens die afgelope Kaleidoskoopfees bygewoon het. Baie mooi!!!





Trudie en Anna het ook byna hul projekte, van `n  klas wat hulle by die Fees bygewoon het, voltooi. Die klas is aangebied deur Marilie de  Bruyn en is die kruise nie pragtig nie!



Martie Botha het `n klas van Griet  Lombaard bygewoon en  sy vorder fluks met haar "block a day".


Die res van die groep werk almal stil- stil aan hul UFo`s en feesprojekte - wie weet,  dalk met die volgende groepsbyeenkoms  weer `n paar uithaler kwilte wat klaar is! 


"When you work
 you are a flute
through whose heart 
the whispering of the hours turns to music."
- Kalil Gibran - 


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Mandala - klas

 Gedurende September 2023 het Marilyn Pretorius `n  Mandala - klas te Bultfontein aangebied. My voltooide mandala...grootte 55cm x 55cm.  Kw...