Saterdag 15 September 2012

Groepiedag...

Gewoonlik is die 2de Vrydag van `n maand iets om na uit te sien.
Gister was dit weer so... en het ons  die groepie geniet!

Maureen en Maxie het ons heerlik bederf met "jamtertjies"! Die lede wat gister nie daar kon wees nie,  het lekker uitgemis! Hopelik is ons met die volg. verg. weer voltallig!

Darem nie net gekoek en tee - daar is beraadslaag ook en so tussendeur `n steek of twee gewerk!
 
Anna Raubenheimer het haar eerste klompie "Baby Jane" -blokke kom wys. Sy sê sy is nie so ywerig soos Anna Gropp en Trudy nie, maar sy vorder! Beplan om haar blokke "on point" aanmekaar te las. Met 8 lede wat aan `n Baby Jane werk, lyk dit vir my daar gaan `n redelike verskydenheid wees. Elkeen het sy eie idee van hoe sy die blokke wil las.
 
Maxie werk aan haar "kreature". Maureen is besig met `n "rytjieskwilt. Hanli en Frances is besig met UFO`s.  Annette is moeg gebou...is al haastig om in haar nuwe in te trek!  Estelle moes ongelukkig werk en kon nie haar "BJ" - vir ons kom wys nie. Sy wikkel ook en begin al van haar rye aanmekaar werk.
Die res van die lede is so gelukkig om rond te kuier. Met die jaar wat amper op sy end is, kan ons groepie darem sê, so tussen werk en kuier is daar darem `n paar projekte afgehandel.
 
 

Sondag 26 Augustus 2012

Augustus - Groepsbyeenkoms

Verlede Vrydag was die Friendshipgroep se maandelikse groepsbyeenkoms... soos gewoonlik baie interessant!

Behalwe vir baie kekkel en lekker eetgoed, is die hoogtepunt wanneer  almal hul handwerk uit haal en  begin vertel!

Anna Gropp laat waai met haar Baby Jane-blokkies. Sy het al `n hele 88 blokkies! nee - sy wikkel. Daai Baby Jane word een van die dae ge- "Show and Tell".  Trudy is `n kortkop agter!

Hanli werk aan `n "Memorie" - kwiltjie. Die 2 dames op die kwiltjie verteenwoordig haar reispêlle - hoor bietjie - na die Kwiltfees in Alberton,  byna 4 jaar gelede!

Martie werk aan `n kwilt vir haar kleindogter.  Pragtig!

Verjaarsdae word nie oorgesien in ons groepie nie.  Elkeen kry `n geskenkie. Hier is Maureen se geskenk - `n pragtige "file" vir al haar patrone.

Maxie het besluit om bietjie meer te waag, en het by Iessie `n klas geloop oor kreatiewe appliekwerk. Sy is nog besig, maar dit is al klaar baie mooi!

Tannie Magriet het besluit dat haar vakansiehuis `n muurbehangsel kort - en kyk net hoe mooi!

Wat `n heerlike  groepie, met soveel inspirasie!

FRIENDS IN YOUR LIFE ARE LIKE PILLARS ON YOUR PORCH...
SOMETIMES THEY HOLD YOU UP; 
SOMETIMES THEY LEAN ON YOU;
 SOMETIMES IT`S JUST ENOUGH TO KNOW THEY`RE STANDING BY.
 (E. Foley)

Mandala - klas

 Gedurende September 2023 het Marilyn Pretorius `n  Mandala - klas te Bultfontein aangebied. My voltooide mandala...grootte 55cm x 55cm.  Kw...